Gepubliseer/ Published in Beeld 19 November 2012

19nov2012

Dié gemummiefiseerde hond wat in Mexiko gevind is, kan navorsers help om die jagtradisies van dié land se antieke stamme beter te verstaan.  Dit word nou in die stad Torreón uitgestal.  Die vonds is sowat 1000 jaar oud en is die eerste in sy soort wat in Mexiko gevind is.  Luidens ‘n verklaring deur Mexiko se nasionale instituut vir antropologie en geskiedenis sal ‘n rits toetse daarop gedoen word.

Foto/ Photo: Inah, Reuters