Gepubliseer/ Published in Beeld 4 Desember 2012

Meer as 1000 boeke wat vermoedelik by kettingwinkels soos CAN en Exclusive Books gesteel is, is Saterdag by ‘n informele tweedehandse boekverkoper in Constantiakloof, Roodepoort, gekonfiskeer. Daar is Bybels en gr.3- Engelse werkboeke tussen die boeke met ‘n totale waarde van sowat R250 000 gevind. Kapt. Lydia Mtila-Dikolomela van die Florida-polisiekantoor het bevestig dat die eienaar van die winkel, ‘n 36-jarige buitelander, gister weens die besit van vermoedlik gesteelde goedere in hegtenis geneem is. Rob Short, bedryfhoofbestuurder by Exclusive Books, het gesê hulle het die veiligheidsmaatskappy Indico Risk Services aangestel om die diefstalle te ondersoek. “On sweet daar is sindikate wat die boeke steel en dat dit al hoe meer gereeld voorkom”.

Lees meer/ Read more