Gepubliseer/ Published in Beeld 12 Desember 2012

Die Rietvlei-natuurreservaat se balangrikste inwoners word nou 24/7 dopgehou. Dít is te danke aan ‘n elektroniese mikroskyfie-stelsel wat dié witrenosters se bewegings monitor. Stropers het twee renosterkoeie in Maart 2010 in die reservaat afgemaai vir hul horings. Die stropers het ‘n helikopter en pylgewere gebruik om die renosters te stroop. Die Tshwane-metro se bewaringsowerhede het daarna besluit om die oorblywende renosters se horings af te sny. Volgens Riaan Marais, bestuurder van dié reservaat, weet hulle nou ten alle tye presies waar die renosters is.

Lees meer/ Read more